Uitnodigings, grafiese ontwerp en drukkers spesialis
As n uitnodigings, grafiese ontwerp en drukkers onderneming, streef ons daarna om elkeen van ons kliente te voorsien van ontwerpe en produkte wat uniek, effektief en van die hoogste gehalte is, gekombineerd met uitstekende diens. Altyd met die oog op ons klient se versoek en behoeftes.
Wanneer dit kom by uitnodigings ontwerp en vervaardiging, is daar geen perke nie... jou versoek is ons spesialiteit. Van uniek, gedrukte kaartjies met "embossing", "foiling" of "di-cut", tot gespesialiseerde handvervaardigde kaartjies. Ons voorsien ook elektroniese ontwerpe vir e-pos doeleindes.
n Organisasie se korporatiewe identiteit sal altyd n belangrike deel vorm van die bemarkings strategie. Dit is ook die "eerste indruk" wat jou organisasie sal maak en daarom is dit van uiterste belang om goed na te dink oor die idetiteits ontwerp van jou besigheid.
Gecko Graphix beskik oor jare se ondervinding en kennis in litografiese en digitale druk prosesse en kan produkte voorsien van die hoogste gehalte en uitstekende pryse. Ons ondervinding sluit ook "foiling", "embossing", "di-cutting" en "spot-uv" in. By Gecko Graphix is diens en gehalte ons kenmerk.
Met n variasie van brosjure en pamflet ontwerpe beskikbaar, is dit belangrik om die nodige mark ontleding te doen, om te verseker dat die ontwerp die besigheids behoefte vervul en sodoende maksimum "return on investment" te verseker.
Gecko Graphix verskaf ook dienste in web en "power point"ontwerp en ontwikkeling. Ons gee kreatiwiteit en effektiwiteit aan enige voorlegging. Met wye kennis en ondervinding in HTML, JavaScript en CSS kan ons in al jou behoeftes voorsien teen bekostigbare pryse.
Afhangende van die teikengroep, is dit belangrik om die regte publikasie te kies om n effektiewe, duidelike boodskap oor te dra. Laat jou advertensie ontwerp uitdaggend en uniek wees, om die aandag van potensiele kliente te trek.