|
Met jare se ondervinding in die ontwerp en vervaardiging van unieke uitnodigings en troukaartjies, sal Gecko Graphix enige geleentheid besonders maak. Ons kan in enige van jou behoeftes voorsien byvoorbeeld, verjaarsdae, herdenkings, troues ens. n Volledige pakket kan ook voorsien word vir troukaartjies soos, kerkblaaie, tafelplassings ens.
Wanneer dit by uitnodigings ontwerp kom, is daar geen perke nie. Gecko Graphix sien uit na n uitdaging en is altyd gereed om nuwe idees te probeer. Van gedrukte kaartjies met "foiling", "embossing" of "di-cut", tot unieke, handgemaakte ontwerpe.
Gecko Graphix neem trots in ons uitnodigings ontwerpe en waarborg die beste gehalte, diens en prys, met aflewering op tyd.
|